Tuis

Ons teel aanpasbare diere vir Suider-Afrikaanse omstandighede wat vir die koper ekonomiese waarde sal toevoeg

Ons Storie

In 2003 het ons ‘n plaas genaamd Uithou tussen Viljoenskroon en Vredefort gekoop. Oppad na die plaas toe het ons verby Huntersvlei gery. Dit was ons eerste blootstelling aan Sussex beeste. Toe ons die stoet begin het in 2004 het ons besluit op die naam Pothou. Dit is ‘n samestelling uit die “Pot” van Potgieter en die “hou” van Uithou.

Ons eerste diere was afkomstig van Huntersvlei en Skietlaagte. Pothou het begin met sewe eertekalf verse, met sewe verskalwers en sewe oopverse.  Wyle Dallas Phillips was die  Kuddebestuurder van Huntersvlei. Wyle Anthony Evans het aan Dallas opdrag gegee om ons behulpsaam te wees met ons stoet.

Ons genetiese poel is verder vergroot met die aankoop van vroulike diere van die kuddes van wyle Albert Whitfield (Nugget) en Jan van Biljon (Niekerksrust)

Hoekom Pothou

Sussex is ‘n geharde en aanpasbare, vroegryp ras. Die medium raam dier werk vir ons goed in die koppies, klippe en  hoofsaaklik suurveld omgewing. Die aanpasbaarheid van die Pothou Kudde word verder  beklemtoon deur die feit dat ons diere verkoop het in al nege provinsies van Suid-Afrika, asook Botswana en Namibië. Nog belangrike eienskappe vir ons is die gemaklike temperament asook die poenskop gene.

Ons Pothou Rekordbul PSS 18 8252 is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rekordhouer! 
Hierdie indrukwekkende bul sal beslis ekonomiese waarde tot jou kudde byvoeg.