|
Graag bedank ons al die kopers en besoekers wat ons veiling bygewoon het, en sodoende bygedra het tot die sukses daarvan. Daar was gewis diere na elkeen se smaak teen billike pryse. Die pryse van bulle het gewissel van R18 000 tot R100 000 met ‘n gemiddelde prys van R30 400. Al die bulle is verkoop.
Baie geluk aan mnr Hannes Visagie van Aranos Namibië, wat die hoogste prys van R100 000 betaal het vir Lot 6. Die Vryburg Jnr Kampioen bul, lot 3, is vir R38 000 aan mnr Theo van Zyl van Marseilles verkoop.
Vroulike stoet diere is vir ‘n gemiddelde prys van R13 200 verkoop met die hoogste prys van R18 000 wat betaal is vir lot 55, deur mnr James Stephen van Lanseria. Baie geluk ook aan hom.
Die gemiddelde pryse vir kommersiële vroulike diere was R8 100 vir dragtige koeie, R8 000 vir dragtige verse en R6 500 vir oop verse.
U ondersteuning word baie waardeer en ons wens u alle sukses en voorspoed toe met u aankope.
Ons beplan vir 2011 ’n groter en beter aanbod. |